Google Friends

Kalender

July 2010
S M T W T F S
27 28 29 30 1 2 3
4 5 6 7 8 9 10
11 12 13 14 15 16 17
18 19 20 21 22 23 24
25 26 27 28 29 30 31
       
Print E-mail

Welkom by Aquahengel

AQUA is ‘n hengelklub wat reeds ‘n aantal jare bestaan.  Die klub het aanvanklik net sosiaal gehengel maar hetmettertyd, ook kompeterend begin deelneem aan georganiseerde hengel.  Die klub is dan ook reeds ‘n aantal jare geaffilieer by die Gauteng Noord Varswater Oewer Hengel Vereeniging (GNVOHV) 

Klub Liga wedstryde word in drie kategorië aangebied naamlik, Senior afdeling, Dames afdeling en Junior afdeling. 

Seniors, dames en Juniors neem ook jaarliks deel aan Gauteng Noord proef wedstryde en kom sodoende in aanmerking  Provinsiale kleure.   Hengelaars wat hierdie eer verwerf neem dan deel (Gauteng Noord-spanverband) aan die Suid-Afrikaanse Nasionale kampioenskappe.  Hier ding alle Provinsies teen mekaar mee.

Streng keuring vind tydens hierdie kampioenskappe plaas en enkele uitgelese hengelaars word dan bekroon met Nasionale Protea kleure. 

 Huidiglik hengel AQUA onder die vaandel van GNVOHV, en word hierdeur genoop om tydens elke eerste naweek van die maand, ‘n klubkompetisie aan te bied.  Tans hengel die klub meer-en-deels naweek kompetisies, beginnende Vrydagaand en eindig gedurende Sondag oggende.

 Een van die Klub se oogmerke egter is om die “dag” hengel-faset te inkorporeer en dus sekere van die naweek kompetisies, na ‘n agt-uur, dag-hengel sessie te verander.

Verskeie pryse wat deur borgskappe, donasies ens. verkry is, word met elke  klub kompetisie aangebied.  Die onderskeie “kriteria” waaraan voldoen moet word om in aanmerking vir die genoemde pryse te kom, word so bepaal dat selfs die mees onervare hengelaar (oud en jonk) ‘n regverdige kans staan om met van die louere weg te stap. 

Ontwikkeling van huidige asook nuwe lede (oud en jonk) word nie agter weë gelaat nie, en het AQUA ‘n aantal ervare hengelaars wat reeds Gauteng Noord verteenwoordig het, om na hierdie aspek om te sien.

 Aan die einde van elke hengeljaar, word lede bekroon vir hul prestasies.  Klubkampioene in die onderskeie kategorië nl. Senior, Dames, Juniors asook Penkoppe (onder 12) word aangewys,  maandwenners word vereer, ligapresteerders ontvang erkenning.

 
Copyright © 2010 aquahengel.co.za. All Rights Reserved.